Informações:
Sinopse
Podcast by NB Publishers
Episódios
-
John Maytham in conversation with Robert McBride & Bryan Rostron
28/11/2019 Duração: 57minMissed it? Listen here as John Maytham discusses the new biography, Robert McBride: The Struggle Continues, with the subject of the book, Robert McBride, and the author, Bryan Rostron, at the Book Lounge in Cape Town. When Robert McBride was sentenced to death, he turned to the public gallery in court and said: ‘Freedom is just around the corner. I am leaving you at the corner – and you must take that corner to find freedom on the other side.’ As the guard moved in, he raised his fist and shouted: ‘The struggle continues till Babylon falls!’ It was 1987: the time of ‘total onslaught’. The trial of the MK unit that planted the Magoo's bomb on the Durban beachfront dominated the news but few knew the real facts of the brave young people who brought the armed struggle to KwaZulu-Natal. This is the remarkable story of McBride and his comrades: the substation sabotage spree, rescuing a compatriot from hospital and smuggling him to Botswana, the devastating Why Not and Magoo's car bomb that killed three women, the
-
Nic de Jager lees voor uit Jaco Kirsten se Nadraai
29/10/2019 Duração: 13minLuister hier na Nic de Jager se voorlesing uit Nadraai deur Jaco Kirsten. Gister is dalk anders as wat jy onthou. Rocco de Witt is ’n Kaapse argitek met die wêreld aan sy voete. Hy en sy pragtige Duitse verloofde lei ’n idilliese lewe van buitelugaktiwiteite en Europese skivakansies. Maar dan maak ’n ou weermagvriend uit die bloute sy opwagting en Rocco se bestaan word op sy kop gekeer. Want wat presies het destyds in die Bosoorlog gebeur toe hy ’n jong luitenant was? Hy is ernstig gewond tydens ’n operasie teen Swapo en het sy bewussyn verloor. Sedertdien kon hy nog nooit presies onthou wat dié voorval voorafgegaan het nie . . . Daardie herinneringe kom nou terug, met byna ondenkbare implikasies. En op ’n dag laat die buurman van Rocco se wegvlugplekkie in die Tankwa-Karoo hom boonop weet dat vreemde dinge dáár aan die gang is. Daar op die plaas Nadraai. Bestel Nadraai deur Jaco Kirsten by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624087830, R290).
-
Nic de Jager lees voor uit Irma Venter se Sewe-en-veertig
29/10/2019 Duração: 09minLuister hier na die ikoniese Nic de Jager se voorlesing uit Irma Venter se jongste spanningsroman, Sewe-en-veertig. Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae, bel Sarah Fourie halfvier op ’n koue wintersoggend wakker. Sy moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot, so sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke gaan moet saam. Mosi is in die moeilikheid en Jaap se jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar op vrye voet is. Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. Bestel Sewe-en-veertig deur Irma Venter by jou naaste boekwinkel of aanlyn
-
Chase Rhys se roerende bedankingstoespraak by die KykNET-Rapport-boekpryse 2019
20/09/2019 Duração: 06min“Dit maak nie saak wat voor jou gebeur nie, jy kan jou hoogste vorm skep en jou hoogste vorm word. En jy kan dit doen deur jouself te wees en jou stories in jou eie stem te vertel. Jou ervaring maak saak. Jou lewe en jou perspektief is belangrik. So deel dit, asseblief.” Luister hier na Chase Rhys se roerende bedankingstoespraak nadat sy boek Kinnes die 2019 KykNET-Rapport-filmprys gewen het.
-
Wat beteken dit om Afrikaans te wees?
10/09/2019 Duração: 01h01minLuister hier na Elma Smit se gesprek met die skrywer van In my vel, Azille Coetzee. Met In my vel verken Azille dwingende aktuele vrae oor Suid-Afrikanerskap op ‘n verrassende, persoonlike manier. Dit is ‘n leesbare, dikwels skreeusnaakse liefdesverhaal, sowel as vlymskerp bepeinsing van wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees. Bestel In my vel deur Azille Coetzee by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624087298, R250).
-
Carla van der Spuy gesels oor Liefde Agter Tralies
30/08/2019 Duração: 38minRSG se Lizelle De Bruin gesels met topverkoperskrywer Carla van der Spuy oor Liefde agter tralies. In hierdie nuwe boek gesels Carla met mense wat liefde vind en aan die lewe hou, al is een of albei agter tralies. Sy gaan klop ook aan by kenners soos forensiese sielkundiges, en kyk na die motiewe en denke wat sulke verhoudings dryf. Hoekom raak mense passievol verlief op bewese misdadigers? Daar is paartjies wat van die buitengewone suksesverhale is, en selfs ’n vrou wat haar man, wat as pedofiel gevonnis is, bystaan. Daar is baie vrae wat opkom in verband met sulke verhoudings, en Carla bekyk hulle met insig en empatie. Bestel Liefde agter tralies deur Carla van der Spuy by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624087007, Uitgewersprys R265).
-
Gesprek met die skrywers van Skarlakenkinders
16/08/2019 Duração: 42minConette le Roux, senior joernalis by LiG Tydskrif en Kerkbode, gesels met die medeskrywers van Skarlakenkinders ─ Nadine Blom en Anzil Kulsen. Luister hoe hulle gesels oor hul karakters, mensehandel en hoe elkeen van ons ons deel kan doen om slagoffers te help. Skarlakenkinders handel oor ses vroue van verskillende agtergronde wat saam op ’n plaas in die Sederberge beland. Hoewel elkeen sy eie hartseer het om te verwerk moet hulle almal saamwerk om ’n groter krisis op te los. ’n Aksiebelaaide roman ’n Christelike agtergrond oor ’n tema wat al hoe meer relevant word vandag: mensehandel. Bestel Skarlakenkinders by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780796321664, R220).
-
Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots
08/08/2019 Duração: 33minWat gebeur as ’n skrywer (Debbie Loots) en ’n sielkundige (Abraham le Roux) op ’n bank sit en gesels oor haar karakters se issues? Luister hier na ’n gesprek oor Die boek van gelukkige eindes. Bestel Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780795802034, R265).
-
Adriaan Blom op Radio Helderberg
12/07/2019 Duração: 15minDie dinamiese ma-en-seun-skryfspan agter Blits: Perlemoendiewe is terug met Blits 2: Operasie Hoërskool! Medeskrywer Adriaan Blom gesels met Radio Helderberg oor dié opwindende nuwe boek. In Blits 2 is Hannes en Zander in Graad 8. Hoërskool is soveel anders as wat hulle verwag het. Dit lyk boonop asof hulle vriendskap gaan ly onder al die druk van aanpas in die nuwe skool. Hannes se speurinstink word weer geprikkel toe 'n nuwe vriend hom een middag huis toe nooi. En Luna, as sy net wil ophou droom oor modelkontrakte! Gelukkig is Melkbosstrand die beste plek om te bly, want wat is nou beter as ’n lekker surf-sessie wanneer die lewe druk? Bestel Blits 2 deur Adriaan Blom en Nadine Blom by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624084075, Uitgewersprys R170).
-
Philip de Vos lees voor uit Die Nagbeer
05/04/2019 Duração: 01minPhilip de Vos lees voor uit sy pragtige rymvertaling van Die Nagbeer wat pas deur Human & Rousseau uitgegee is. Die Nagbeer se gunstelingkos is nagmerries, en as jy joune vir hom los, sal hy dit vinnig afsluk. Dié lieflike prenteboek is perfek vir voorlees, veral vir kinders wat sukkel met nagmerries, of om aan die slaap te raak. Die rymvertaling sorg vir ’n lekker-lees-ervaring en die instruksies vir jou eie Nagbeer-wegneemboks maak dit nog meer spesiaal! Bestel Die Nagbeer by jou naaste boekwinkel of aanlyn. ISBN: 9780798178723 Uitgewersprys: R160,00
-
A Reading from The Blacksmith and the Dragonfly
22/03/2019 Duração: 02minCo-author, Charles Siboto, reads from The Blacksmith and the Dragonfly. Want to read the rest of this magical and original fairy tale? The Blacksmith and the Dragonfly by Riana Louw & Charles Siboto (Illustrated by Christelle Lambrechts) can be ordered from your nearest bookstore or online. ISBN: 9780798178518 Recommended retail price: R160,00
-
Elizabeth Wasserman gesels met Radio Helderberg
22/11/2018 Duração: 10minElizabeth Wasserman het met Radio Helderberg oor haar nuwe boek, Elf dae op 'n eiland, gesels.
-
Marianna Brandt gesels met Radio Helderberg
22/11/2018 Duração: 08minMarianna Brandt het met Radio Helderberg oor haar gewilde Emma-reeks gesels.
-
Troula Goosen gesels met Radio Helderberg oor Raaiselklip
22/11/2018 Duração: 07minTroula Goosen het met Radio Helderberg oor haar nuwe jeugroman, Raaiselklip, gesels.
-
Gabeba Baderoon Live
05/10/2018 Duração: 01h04minListen to Sindiswa Busuku-Mathese in conversation with Gabeba Baderoon about her new collection of poetry ─ The History of Intimacy ─ featuring beautiful readings by Gabeba. The History of Intimacy is the fourth collection by award-winning poet Gabeba Baderoon. Breathtaking intimacies and private hurts are crafted into lyrical form – in poems on desiring what is furthest from you, memories of a midnight swim, how children work out the laws of existence, the stakes of speaking a forbidden word, elegies to a jazz prodigy and a beloved poet, and how not to be alone. "Baderoon’s poems are finely crafted objects of art, delicately shaped and containing rich emotion and thought. She is building a powerful body of work, rooted in Africa and reaching line after line to the wider world." – Kwame Dawes, author of City of Bones: A Testament "An exquisite new collection from one of South Africa’s finest, most treasured poets." – Nadia Davids, author of An Imperfect Blessing.
-
Onderhoud met Elsa Winckler op PEFM
12/09/2018 Duração: 14minElsa Winckler het met PEFM gesels oor haar nuwe boek, 'n Brief vir Reina. Wanneer Reina ná haar ouma se af sterwe die huis begin opruim, kom sy on verwags op ’n boks briewe af. Hoe verder Reina lees, hoe meer ver stom is sy. Haar ouma se onmoontlike keuse plaas Reina se be staan in ’n heel nuwe lig. Die ontnugterde en siniese Derek wil Reina se huis deel van ’n sekuriteitskompleks maak. Al wat in sy pad staan is Reina se handtekening. Dinge is egter nie so eenvoudig vir Reina nie. Wat maak sy met haar ouma se vriende? En wat maak sy met haar swanger winkelassistent? 'n Brief vir Reina deur Elsa Winckler kan by boekwinkels en aanlyn bestel word. ISBN: 9780796321008 Uitgewersprys: R180,00
-
Onderhoud met Nadine Blom op PEFM
26/07/2018 Duração: 18minNadine Blom het met PEFM gesels oor haar nuwe boek, Ankers vir vandag. Nadine Blom het al die swart kant van die lewe gesien. Sy weet hoe om vas te klou aan haar geloof as dinge rondom haar uitmekaarval. In hierdie boek wys Nadine dat almal ankers nodig het, iets wat hulle vashou aan God om te keer dat hulle lewensbootjie op die rotse loop. Nadine wys die ankers waaraan ons moet vashou vir ons uit – maar wys ook watter goed wat ons vashou ons moet laat los. Nou beskikbaar! Ankers vir vandag deur Nadine Blom ISBN: 9780796320773 Prys: R150,00 (Onderhewig aan verandering)
-
Onderhoud met Koos van der Merwe op PEFM
22/06/2018 Duração: 14minBernard en Christelle van PEFM gesels met Koos van der Merwe oor sy nuwe boek, Sielskos. Hierdie bundel is saamgestel uit hoogtepunte van die laaste 15 jaar se "Laaste sê"-rubrieke deur Koos van der Merwe in Sarie. Koos weef meesterlik met woorde en het die vermoë om diep betekenis uit alledaagse situasies te haal. Koos vertel van mense, en hulle soeke na hoop, maar ook ons almal se verlange na die Een wat ons nooit sal laat gaan nie. Nou beskikbaar! Sielskos deur Koos van der Merwe ISBN: 9780796320995 Prys: R195,00 (Onderhewig aan verandering)
-
Elizbè Van der Colff gesels oor Nina en die crazy klere
11/06/2018 Duração: 04minElizbè Van der Colff het met Johann Myburgh oor haar nuwe boek op Radio Helderberg gesels. In die boek woon Nina en Jessie die Eksotiese Eksperimente Ekspo by. Dit is die beste ooit! Hulle verkyk hulle aan al die slim uitvindings. Die pet het ook saamgekom, want Nina wil die briljante professor Crower vra om dit te ondersoek. Daar is dalk 'n wetenskaplike verklaring vir die pet se kragte. Maar dan raak die pet weg ...
-
Onderhoud met Marzanne Leroux-van Der Boon op PEFM 87.6
24/05/2018 Duração: 18minLuister hier na Marzanne Leroux-van Der Boon se onderhoud met Elaine op PEFM op 23 Mei 2018. Ter wille van die vaders is die jongste roman in die bekende Israel-reeks deur Marzanne Leroux-van Der Boon. In die 10de boek in die Israel-reeks kry Henok ’n verrassing wanneer sy vrou laat weet dat sy in Israel kom kuier. Waar die Cohens Erev Shabbat vier, is dit duidelik dat Re’uven en Shlomit se pyn oor hul eersgeborene se dood nog vlak lê. Dit laat Marc wonder of hy Adonai sal kan liefhê as dit met hom sou gebeur. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog beleef hy God se nabyheid op wonderlike maniere en vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is. Nou beskikbaar! Ter wille van die vaders (Zechut Avot) deur Marzanne Leroux-van Der Boon ISBN: 9780796320841 Prys: R220,00 (Onderhewig aan verandering)

Experimente 7 dias grátis
- Acesso ilimitado a todo o conteúdo da plataforma.
- Mais de 30 mil títulos, entre audiobooks, ebooks, podcasts, séries, documentários e notícias.
- Narração dos audiolivros feita por profissionais, entre atores, locutores e até mesmo os próprios autores.