Informações:
Sinopse
Podcast by NB Publishers
Episódios
-
The authors of Paper Tiger on the downfall of Independent Newspapers
30/03/2020 Duração: 58minWhen Independent Newspapers was bought by Iqbal Survé’s Sekunjalo Independent Media Consortium, journalists at South Africa’s biggest newspaper firm were optimistic that local ownership would put an end to the callous management of its Irish overlords of the previous two decades. What followed instead was media capture in action – blatant and at times bizarre. It was kicked off by the unexpected dismissal of Cape Times editor Alide Dasnois. In Paper Tiger, Alide and Chris Whitfield ─ the then editor-in-chief of the company’s Cape titles ─ tell the inside story. Herman Wasserman talks to them about their experience. More information on Paper Tiger: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780624087175
-
Rudie van Rensburg gesels met Jaco Wolmarans oor Skag
26/03/2020 Duração: 50minJaco Wolmarans praat met Rudie van Rensburg, wat in Vloek self met ’n wedren teen tyd werk, oor sy tweede spanningsroman ─ Skag. In 1987 kry Spesmagte se sersant Jos Fourie die opdrag om ’n vrag missiele wat stil-stil uit Oos-Duitsland verskeep word, op te pas. Maar dan ontdek hy tot sy skok wapengehalte uraan-235 is in die vrag versteek. Nou moet Jos aan die lewe bly teen die aanslae van seerowers en die Angolese vloot, te midde van sy ontluikende gevoelens vir die mooi ingenieurstudent Ashley Ramirez, wat self ’n agenda het... Bestel Jaco Wolmarans se eerste roman Bos, en tweede roman Skag, by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer inligting: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780624089483
-
Chinees in Afrikaans met die skrywer van Die Dao van Daan van der Walt
26/03/2020 Duração: 54minMet Die dao van Daan van der Walt, waarmee oudregter Andries Buys weggestap het met al die jaar se literêre pryse, word die Chinese leefwêreld verken as deel van sowel ons verlede as ons werklikheid vandag. Frederik de Jager, wat redakteur was van Andries se Dao, maar ook Etienne van Heerden se Die wêreld van Charlie Oeng én sy nuwe roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld (wat onder meer in Sjanghai en Beijing afspeel), gesels met Andries. Bestel Die Die Dao van Daan van der Walt by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer inligting: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624082521
-
Gesprek oor Liefde Agter Tralies
25/03/2020 Duração: 55minHoekom raak mense verlief op misdadigers ─ soms ook wanneer hulle nog hul vonnis uitdien? Carla van der Spuy vertel Riette Rust meer omtrent haar talle onderhoude met mense wat liefde probeer onderhou wanneer een of albei agter tralies is, en wat sulke verhoudings dryf. Jacques Pratt, stigter van die Hope Hela-stigting wat na gevangenes uitreik, deel ook sy insigte. Bestel Carla van der Spuy se boek Liefde agter tralies by jou naaste boekwinkel of aanlyn: https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624087007
-
Gesprek oor Maverick Africans deur Hermann Giliomee
24/03/2020 Duração: 56minSuid-Afrika se top-historikus rig in Maverick Africans sy vlymskerp blik veral op dit wat ongewoon is aan die relatief klein groep Afrikaners. Die NG Kerk se invloed op apartheid, die buitengewone rol wat Afrikanervroue gespeel het, ontplooiing in die staatsdiens, en die vraag oor korrupsie onder apartheid kom onder meer onder die loep, met in die laaste hoofstuk “die gebroke hart van die Afrikaners”. Albert Grundlingh lei die gesprek met Hermann Giliomee. Bestel Maverick Africans: The Shaping of the Afrikaners by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer inligting: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624089087
-
Kerneels Breytenbach oor Hond se gedagte
24/03/2020 Duração: 01h03minLuister hier na oud-Springbokkaptein Wynand Claassen se gesprek met Kerneels Breytenbach oor sy roman, Hond se gedagte, by die Toyota US Woordfees 2020. Bestel Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer oor dié verrassende, hoogs vermaaklike roman: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798179294
-
A conversation with Zephany Nurse (or Miché Solomon)
23/03/2020 Duração: 01h58sThe kidnapping of baby Zephany Nurse from the cot alongside her mother’s hospital bed gripped all of South Africa. And when the Nurse family found her, quite accidentally, they made headline news all over again. Zephany is now named Miché Solomon and together with author Joanne Jowell, she talks to CapeTalk’s Sara-Jayne King about what it feels like to make headlines across the world and to grow up with the woman who stole you from your own mother. Order Zephany (available in Afrikaans and English) from your nearest bookstore or online. More information on the book: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624086406
-
Erns Grundling gesels oor Japan en sy boek Sushi en shosholoza
23/03/2020 Duração: 57minIn 2018 reis Erns Grundling om ’n nuwe Elders-reeks te verfilm, dié slag oor die land van die opkomende son, Japan – ook die plek waar die Rugbywêreldbeker 2019 sou plaasvind. Luister hier na Johann Symington (pas terug ná 6 jaar van predikant-wees in Japan!) se gesprek met Erns by die Toyota US Woordfees 2020. Sushi en shosholoza is Erns Grundling se verslag van soesji op ’n rugbypawiljoen, ’n onverwagse ontmoeting met oud-All Black Dan Carter, kuier in ’n katkafee en staptogte in ’n bra vreemde wêreld vir ’n outjie van Uitenhage. Bestel Sushi en shosholoza by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer oor die boek: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795802102
-
Dana Snyman gesels oor Soekmekaar
19/03/2020 Duração: 47minLuister hier na Johannes de Villiers se gesprek met Dana Snyman by Toyota US Woordfees 2020. Dana Snyman se boek Soekmekaar kan by jou naaste boekwinkel of aanlyn bestel word: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624088660 Soekmekaar is ’n stuk of 50 stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van Donald Trump tot ’n 40ste skoolreünie, van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche tot die Bogosi-gesin wat by hom gewoon het op Jacobsbaai. Hy vertel hoe mense na mekaar probeer uitreik in ons land; hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie. Johannes de Villiers, skrywer van Kalmte in die malle gejaag en Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe, vra hom uit.
-
Eusebius McKaizer speaks to Moe Shaik about The ANC Spy Bible
12/03/2020 Duração: 26minEusebius McKaiser speaks to Moe Shaik about his new book, The ANC Spy Bible: Surviving across enemy lines. Catch the riveting conversation from the book launch here. The Bible Project, a project led in the 80's by former state security boss, Moe Shaik, has had mixed reception. In this memoir, Shaik finally tells his side of the story. Describing his relationship with The Nightingale, a Special Branch officer turned rogue who provided information to the underground, Shaik takes the reader on a thrilling ride navigating the most turbulent and uncertain parts of South Africa's late apartheid and transition past. More information available here: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780624088967
-
Madré Marais lees voor uit Luistervink
06/03/2020 Duração: 02minDie skrywer Madré Marais lees 'n verhaal voor uit haar versameling kortverhale, Luistervink. Luistervink is 'n verrassende kortverhaaldebuut deur 'n jong skrywer van Bloemfontein. Marais is goed geskool in die klassieke Afrikaanse kortverhaal, maar bied vernuwing op vele vlakke. Elke verhaal bevat iets ongewoons, nie net wat betref taal en register nie, maar veral t.o.v. karakter en perspektief. Hoogtepunte sluit in “Brandoffer” (briewe aan 'n ma), “Sinker” (oor 'n seun wat op die rand van 'n damwal huiwer) en “Driehonderd-vyf-en-sestig en 'n kwart” oor 'n jong vrou en man wat in die bad lê en oor die lewe tob. Die bundel word baie hoog aangeskryf deur lesers. Bestel Luistervink by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer besonderhede: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798180887
-
NB Skrywerspartytjie/Authors' Party 2020 Cape Town
28/02/2020 Duração: 14minSpeeches made at the 2020 NB Publishers Authors' Party in Cape Town by Marga Stoffer (Publishing Manager), Eloise Wessels (CEO of NB Publishers) and Melinda Ferguson whose imprint just joined NB Publishers in a joint venture.
-
Blydskap: Mindfulness-wenke vir 'n vreugdevolle lewe
24/02/2020 Duração: 36minOns het onlangs Johannes de Villiers se nuwe boek Blydskap: Mindfulness-wenke vir 'n vreugdevolle lewe by Exclusive Books in Stellenbosch bekend gestel. Al was daar geen elektrisiteit nie (dankie, Eskom!) het almal vol nuwe woema daar weggegaan! Bestel Blydskap deur Johannes de Villiers by jou naaste boekwinkel of aanlyn.
-
Gesprek met Etienne van Heerden oor sy nuwe roman
03/12/2019 Duração: 01h09minEtienne Bloemhof gesels met Etienne van Heerden oor sy jongste roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld. Meer oor die boek: Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op ’n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Dié tergend aktuele roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal is. Bestel Etienne van Heerden se splinternuwe roman by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624089216, R360).
-
John Maytham in conversation with Robert McBride & Bryan Rostron
28/11/2019 Duração: 57minMissed it? Listen here as John Maytham discusses the new biography, Robert McBride: The Struggle Continues, with the subject of the book, Robert McBride, and the author, Bryan Rostron, at the Book Lounge in Cape Town. When Robert McBride was sentenced to death, he turned to the public gallery in court and said: ‘Freedom is just around the corner. I am leaving you at the corner – and you must take that corner to find freedom on the other side.’ As the guard moved in, he raised his fist and shouted: ‘The struggle continues till Babylon falls!’ It was 1987: the time of ‘total onslaught’. The trial of the MK unit that planted the Magoo's bomb on the Durban beachfront dominated the news but few knew the real facts of the brave young people who brought the armed struggle to KwaZulu-Natal. This is the remarkable story of McBride and his comrades: the substation sabotage spree, rescuing a compatriot from hospital and smuggling him to Botswana, the devastating Why Not and Magoo's car bomb that killed three women, the
-
Nic de Jager lees voor uit Jaco Kirsten se Nadraai
29/10/2019 Duração: 13minLuister hier na Nic de Jager se voorlesing uit Nadraai deur Jaco Kirsten. Gister is dalk anders as wat jy onthou. Rocco de Witt is ’n Kaapse argitek met die wêreld aan sy voete. Hy en sy pragtige Duitse verloofde lei ’n idilliese lewe van buitelugaktiwiteite en Europese skivakansies. Maar dan maak ’n ou weermagvriend uit die bloute sy opwagting en Rocco se bestaan word op sy kop gekeer. Want wat presies het destyds in die Bosoorlog gebeur toe hy ’n jong luitenant was? Hy is ernstig gewond tydens ’n operasie teen Swapo en het sy bewussyn verloor. Sedertdien kon hy nog nooit presies onthou wat dié voorval voorafgegaan het nie . . . Daardie herinneringe kom nou terug, met byna ondenkbare implikasies. En op ’n dag laat die buurman van Rocco se wegvlugplekkie in die Tankwa-Karoo hom boonop weet dat vreemde dinge dáár aan die gang is. Daar op die plaas Nadraai. Bestel Nadraai deur Jaco Kirsten by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624087830, R290).
-
Nic de Jager lees voor uit Irma Venter se Sewe-en-veertig
29/10/2019 Duração: 09minLuister hier na die ikoniese Nic de Jager se voorlesing uit Irma Venter se jongste spanningsroman, Sewe-en-veertig. Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae, bel Sarah Fourie halfvier op ’n koue wintersoggend wakker. Sy moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot, so sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke gaan moet saam. Mosi is in die moeilikheid en Jaap se jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar op vrye voet is. Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. Bestel Sewe-en-veertig deur Irma Venter by jou naaste boekwinkel of aanlyn
-
Chase Rhys se roerende bedankingstoespraak by die KykNET-Rapport-boekpryse 2019
20/09/2019 Duração: 06min“Dit maak nie saak wat voor jou gebeur nie, jy kan jou hoogste vorm skep en jou hoogste vorm word. En jy kan dit doen deur jouself te wees en jou stories in jou eie stem te vertel. Jou ervaring maak saak. Jou lewe en jou perspektief is belangrik. So deel dit, asseblief.” Luister hier na Chase Rhys se roerende bedankingstoespraak nadat sy boek Kinnes die 2019 KykNET-Rapport-filmprys gewen het.
-
Wat beteken dit om Afrikaans te wees?
10/09/2019 Duração: 01h01minLuister hier na Elma Smit se gesprek met die skrywer van In my vel, Azille Coetzee. Met In my vel verken Azille dwingende aktuele vrae oor Suid-Afrikanerskap op ‘n verrassende, persoonlike manier. Dit is ‘n leesbare, dikwels skreeusnaakse liefdesverhaal, sowel as vlymskerp bepeinsing van wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees. Bestel In my vel deur Azille Coetzee by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624087298, R250).
-
Carla van der Spuy gesels oor Liefde Agter Tralies
30/08/2019 Duração: 38minRSG se Lizelle De Bruin gesels met topverkoperskrywer Carla van der Spuy oor Liefde agter tralies. In hierdie nuwe boek gesels Carla met mense wat liefde vind en aan die lewe hou, al is een of albei agter tralies. Sy gaan klop ook aan by kenners soos forensiese sielkundiges, en kyk na die motiewe en denke wat sulke verhoudings dryf. Hoekom raak mense passievol verlief op bewese misdadigers? Daar is paartjies wat van die buitengewone suksesverhale is, en selfs ’n vrou wat haar man, wat as pedofiel gevonnis is, bystaan. Daar is baie vrae wat opkom in verband met sulke verhoudings, en Carla bekyk hulle met insig en empatie. Bestel Liefde agter tralies deur Carla van der Spuy by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624087007, Uitgewersprys R265).