Radio Scriptura

Ampte: Die amp van Ouderling

Informações:

Sinopse

As God 'n man roep om 'n ouderling te wees, sal Hy hom ook toerus om die werk te doen. Die roeping van die ouderling sal hom dryf om soos 'n herder sy lewe af te lê vir die skape (Johannes 10:11). Ouderlinge is voorbeelde vir die kudde, en ons lees in 1 Pet 5 hoe die opsiener/ouderling se hart moet lyk en hoe hy die kerk as kudde behoort te dien. Ouderlinge moet die waarheid verdedig (Handelinge 20:27), en 'n ouderling se wapen is die woord (2 Tim 3:16-17). In die lig van 1 Timoteus 3:1-7 is 'n ouderling 'n christenman met 'n karakter bo verdenking, en hy staan in diens van en onder die leiding van die Heilige Gees (Handelinge 1:8). Die werk van die ouderling is 'n uiters verantwoordelike taak, en moet geensins ligtelik opgeneem word nie. "My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word" (Jak 3:1). Aanbieders: Marnix Boersema, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer. Opsomming: 00:00 Ampte reeks: Amp van Ouderling 02:08 Wann