Radio Scriptura

Huweliksvoorbereiding:  Beloftes vir ons Huwelik

Informações:

Sinopse

Waarvan getuig die beloftes wat saamgevat word in die huweliksformulier?  Voor wie en waar word die huwelik gesluit?  Wat beteken dit om trou aan mekaar te sweer voor die lewende God?  Hoe lyk die gereformeerde skrifbeginsels van die huwelik tussen gelowiges?  Die gemeente in jul kerk is ooggetuies van die heilige bevestiging en verbinding aan mekaar. Is dit 'n individualistiese, romantiese funksie vir die twee wat trou, of ag God dit baie hoog?  Hoekom is die huwelik in 'n stryd gewikkel op aarde, en hoe staan ons vas in teëspoed?  Watter troos is die seën wat oor die huwelikspaartjie uitgespreek word vir gelowiges?