Radio Scriptura

Huweliksvoorbereiding: Soos een Vlees

Informações:

Sinopse

Wat beteken dit om een van vlees te wees met jou huweliksmaat? Hoe moet die familie en die kerk hulself posisioneer rondom voornemende huweliksmaats en jong getroude egpare?  Kan jy as man trou voordat jy geestelik en finansieël volwasse en gereed is daarvoor om die leiding in jou huwelik op te neem soos God dit wil hê?  En kan jy as vrou in die huwelik met jou man tree alvorens jy geestelik en emosioneel gereed is daarvoor? Wat het geestelike eenheid met seksuele eenheid te doen?  Hoe belangrik is finansiële eenheid in die huwelik tussen man en vrou?