Radio Scriptura

Perspektief: Mei 2024

Informações:

Sinopse

Drie onderwerpe van bespreking wat terugkyk oor die afgelope maand se nuus is:  politiek en die stembus, wêreldse sukses en natuurrampe.  Wat het christene te doen met die politiek, en hoe moet ons die stembus benader? Is ons rentmeesters van die skepping, en het ons 'n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap?  Kan jy jou geloof uitleef daar waar jy is?   Waaraan word sukses gemeet?  Is wêreldse sukses werklik die moeite en tyd werd vanuit 'n ewigheidsperspektief?  Mark 8:36: "Wat baat dit 'n mens immers as hy die hele wêreld as wins bekom, maar sy lewe verloor?"  Hoe moet die gelowige natuurrampe sien, en hoe moet ons dit as deel van God se plan beskou? Amos 3:6 "Sal daar 'n ramp oor 'n stad kom as die Here dit nie gebring het nie?"