Radio Scriptura

Voorhuwelikse Kategese: Hoe begin ons die verhouding reg?

Informações:

Sinopse

Waar kom die huwelik vandaan, en wie is die outeur daarvan?  Hoekom nie met 'n ongelowige trou nie? Dien jou aanstaande huweliksmaat die Here of nie?  Is jou huidige lewensstyl bepalend van hoe jy in jou huwelik gaan leef? Is die troudagtradisies en sosiale invloed van die sekulêre wêreld belangrik vir die christen, of is geloof in God en 'n bybelse visie van die huwelik die bepalende faktore van 'n geseënde huwelik? Is daar leemtes in ons onderrig van ons kinders oor verhoudings, hul liggame en die huwelik?  Hoekom nie saambly nie, en hoekom is daar so 'n hoë agting in die Woord van God oor die menslike liggaam wat verheerlik moet word?