Radio Scriptura

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editora: Podcast
  • Duração: 187:58:13
  • Mais informações

Informações:

Sinopse

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episódios

  • Die Tien Gebooie: Die Eerste Gebod

    22/08/2023 Duração: 29min

    Die hart van die mens neig tot afgodery, en plaas homself graag bo God.   Maar nadat Hy ons red, leer Jesus vir ons die eerste gebod.  "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.   Dit is die eerste en groot gebod."  En in Eksodus 20 , "  Jy mag geen ander gode voor My aangesig hê nie.  Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie;  want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;   en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My gebooie onderhou.”    Wat beteken die eerste van God se tien gebooie vir ons, en waarom moet ons elke dag poog om dit te gehoorsaam?

  • Luisteraarsvraag: Kunsmatige Intelligensie

    15/08/2023 Duração: 34min

    Met watter wêreldbeskouing benader ons tegnologie en kunsmatige intelligensie? Kan ons God daarmee verheerlik of is dit net sleg?  Scriptura bespreek 'n luisteraar se vraag en stelling oor AI tegnologie net inleidend om sin te maak van die punt waar ons tans daarmee trek. Daar is baie etiese vrae wat voortvloei vanaf tegnologiese ontwikkelings, en dit kan weer in die toekoms hierdie gesprek oopmaak met meer besonderhede. 

  • Die Tien Gebooie: Die Evangelie van die Wet

    08/08/2023 Duração: 31min

    Wat word deur die wet belig?  Plaas die wet 'n ondraaglike las op gelowiges?  Waarin lê ons redding werklik?  Wat moet die gelowige se verhouding tot die wet wees?  In die derde aflewering van die tien gebooie reeks gesels Scriptura oor die evangelie wat ons red, omdat die wet nie kan nie.  

  • Perspektief: Julie 2023

    01/08/2023 Duração: 44min

    In Perspektief gesels Scriptura oor twee films naamlik Sound of Freedom en Barbie, asook oor die beplande Nasionale Gesondheidsversekeringsfonds.  

  • Die Tien gebooie: Drievoudige toepassing van die Wet

    25/07/2023 Duração: 31min

    Scriptura bespreek in meer diepte die drievoudige toepassing van die wet.  Wat is die verskil tussen die drieledige aard van die wet teenoor die drie toepassings of gebruike van die wet?  Hoe pas ons die wet vandag op ons eie lewens toe?  Wat is die konsekwensies en gevolge van wetteloosheid?  Wat is die etiese kwessies van ons tyd vanweë wetteloosheid in die samelewing?  

  • Die Tien Gebooie: Die Mosaïese verbond as bediening van genade

    18/07/2023 Duração: 35min

    Episode 1 van 'n nuwe reeks oor die Tien Gebooie.  Scirptura kyk na die Mosaïese verbond as bediening van genade.  Wat is sonde, en kan gehoorsaamheid aan die wet ons red?   In God se groot genade het Christus gekom om ons sondeskuld te betaal, sodat ons gered kan word.  Is die tien gebooie dan nou nie meer van toepassing op ons nie?  Waarom wil ons die wet nie meer hoor nie?   Wat is die drie gebruike van die wet? 

  • Perspektief: Junie 2023

    11/07/2023 Duração: 43min

    In Perspektief van Junie 2023, kyk Scriptura na drie sake in die nuus, naamlik die boikot aksie teen Woolworths oor LGBTQ produkte, die "real housewives" van die wynlande  televisie-reeks , en die regering se skikking met Solidariteit oor rasooreenkoms vir regstellende aksie in Suid-Afrika.

  • Predikante, teologiese opleiding & die Gereformeerde Teologiese Akademie

    27/06/2023 Duração: 58min

    Wat is die vereistes vir 'n goeie teoloog?   Wat is die werk van 'n predikant?   Watter karaktereienskappe en vaardighede moet 'n predikant hê om sy werk tot eer van God en tot heil van die gemeente te beoefen?  Hoe dien teologiese opleiding om dit te kweek en te ontwikkel?  Is universiteite 'n produk van christelike tradisie?

  • Pastoraal: Narsisme

    20/06/2023 Duração: 30min

    Narsisme is selfverliefdheid.  Is daar hoop dat 'n narsis kan bekeer, en hoe?   Hoe gemaak as jy in 'n verhouding is met 'n narsis?  

  • Luisteraarsvraag: Intercession?

    13/06/2023 Duração: 41min

    Is bybelse voorbidding dieselfde as "intercession"?  Die woord van God roep gelowiges op om te bid tot ons hemelse Vader, en om alleen of in christen groepe in gesprek te tree met God vir alle geestelike en liggaamlike behoeftes, en in alle omstandighede.  Maar hoe definieër ons voorbidding, en is die lering vir alle denominasies dieselfde?  Wat is die onbybelse slagysters van hedendaagse "intercession"?  Is mensgerigte of mistiese voorbidding tot die nut en saligheid van medegelowiges? Waarin of in wie lê die krag van gebed dan eintlik?  Wees aangemoedig om saam te bid, maar tog waaksaam te wees en te onderskei tussen waar en vals.  Jesus Christus is ons enigste middelaar wat vir ons kan intree by die Vader, omdat Sy bloedoffer volmaak is.

  • Pastoraal: Selfmoord

    06/06/2023 Duração: 36min

    Die Bybel leer ons dat God lewe gee, en lewe neem. Die sesde gebod is duidelik dat ons nie moord mag pleeg nie. Selfmoord is die wederregtelike beëindiging van jou eie lewe. Hoe verontskuldig ons hierdie daad waarin bloed vergiet is en waarvan 'n lewe geneem is? Depressie, trauma en geestesversteurings kan alles redes wees vir mense om hul eie lewens te neem, maar God is ons hoop en God is ons toevlug.

  • Perspektief: Mei 2023

    30/05/2023 Duração: 31min

    Scriptura gesels vandag oor vier onderwerpe in die nuus wat 'n impak op ons getuienis mag hê. Wat is die "Woke ideologie" besig om te doen?  Kanada se genadedood wetgewing.  Het Suid-Afrika se regering wapens aan Rusland verskaf?  Hoe moet ons ekonomiese druk en hopeloosheid benader en hanteer? 

  • Pastoraal: Medelye en Empatie

    23/05/2023 Duração: 29min

    Wat is medelye en empatie? Hoe moet christene empatie wys sonder om self ook deel van die probleem te word?  Hoe tree ons simpatiek op om bybelse  lig te werp op die beproewings en uitdagings?  Wat leer ons uit die bybel oor medelye as ons spesifiek na Jesus se lewe kyk? 

  • Pastoraal: Drankmisbruik

    15/05/2023 Duração: 34min

    Kultureel en sosiaal het drankmisbuik so aanvaarbaar geword dat dit selfs ook in ons kerke ingesluip het. Vrye gebruik van alkohol in ons huise, skole, by die werk en sosiaal is besig om Suid-Afrika letterlik en figuurlik te versuip. Ons land is een van die grootste verbruikers van alkohol ter wêreld, en dronkenskap is 'n massiewe probleem op alle vlakke van ons samelewing. Is drankmisbruik 'n valse ontvlugting, 'n wye vergryp en 'n geheime afgod? Dit mag wel al drie wees, maar alkohol is op sig self ook nie die probleem of die antwoord op ons lewenskwessies nie. Wyn en bier is nie die sondaar nie. Sonde en gebrokenheid is die werklike probleem. Jesus is die volkome verlossing en vervulling van die mens se hart, en die bybel roep ons op tot nugter denke om ons lewenskoers op aarde te hou. God se genade is vir ons genoeg.      

  • Pastoraal: Werkolisme

    09/05/2023 Duração: 35min

    Wat is jou werk vir jou werd?  Is jou werk die middelpunt of die rede vir jou bestaan, of is dit iets waarmee jy God dien en ook daarvan kan rus in God?  Wat dryf jou?  Wat regeer jou lewe? Wat is die bybelse beginsels vir werk en waarin kan gelowiges rus? 

  • Perspektief: April 2023

    02/05/2023 Duração: 38min

    Scriptura gesels oor twee nuusgebeure wat tydens April 2023 plaasgevind het. Die kruistog gehou op Goeie Vrydag in Vredefort - kan ons vir God iets teruggee as bewys dat ons Sy genade dankbaar is, of is Christus en die lewendige verkondiging van die evangelie genoeg vir die kerk? En die NG Kerk Vrystaat bly vir eers deel van hul Algemene Sinode, en wil werklik nog in gesprek gaan oor die bestaan van die bose, en die ontmitologisering van Genesis 1 tot 3.

  • Pastoraal: Hulp vir transgender kwessies

    25/04/2023 Duração: 30min

    Hoe help ons iemand wat met transgender kwessies worstel? Het jy die gevoel of 'n innerlike stryd dat die geslag waarmee jy geskep is, nie jou ware identiteit is nie? Onthou daar is genade in die Here.  Die evangelie en die blydskap oor ons verlossing is ons hoop in Christus en dit is tot jou redding. Die Heilige Gees help ons om te breek met ons ou lewe. Soek die Here in jou stryd - vas en bid, vra God vir verlossing daarvan. Vertrou God om jou te verlos van jou sondige begeertes, want Hy is getrou aan Sy beloftes aan Sy kinders, en Hy bring herstel.

  • Pastoraal: Boelie

    18/04/2023 Duração: 41min

    Wat is boeliegedrag?  Hoe moet ons dit hanteer en aanspreek in skole en in die samelewing?   Nie alle konflik is boeliegedrag nie, en nie alle boeliegedrag is konflik nie. Die een wat hom- of haarself verhef tot 'n hoër vlak as ander mense deur hulle te boelie, moet die gevolge en die straf dra, ten einde negatiewe gedrag te stop. Ongeregtigheid moenie ongestraf bly nie, maar boeliegedrag is meestal 'n hulpkreet wat deur middel van 'n pastorale pad kan herstel en die boelie tot bekering te roep, en die slagoffer te help om dit te verwerk en te vergewe.  Vra die Here vir wysheid sodat jy sal weet wanneer om te vlug, te veg, te vertel of te verduur.  Maar erken en belei jou sonde as jy self aan afknouery skuldig is, en as jy geboelie word, skuil by die Here.

  • Luisteraarsvraag: The Chosen en afbeeldings van God

    11/04/2023 Duração: 25min

    oet christene die TV reeks, The Chosen, waarin Jesus afgebeeld word, kyk?  Mag ons enige afbeeldings van God of Jesus maak, aanbid of navolg? Waaroor gaan die tweede gebod, en wat leer die gereformeerde belydenisskrifte ons oor afgodery en afbeeldings van God? Het God mense of mensgemaakte afbeeldings nodig om Homself te openbaar? Die Seun is die beeld van God volgens Kolossense 1:15, en God wil Sy kinders deur die lewendige verkondiging van Sy woord onderrig.

  • Wat sê die vers? Romeine 8:28

    04/04/2023 Duração: 30min

    Drie misverstande is onder bespreking oor Romeine 8:28. Sal alles altyd goed gaan met die kinders van God? Sal dit progressief beter en beter gaan hoe liewer en liewer ons God het? Nee, want die evangelie is nie goedkoop nie, en hoofstuk 8 van Romeine gaan eintlik oor lyding, beproewinge en verdrukking. Die lewe van ‘n ware gelowige is ‘n swaarkry proses. Genadiglik is ons reeds geregverdig in Christus se bloed, en daarom sal alles ten goede meewerk vir God se geliefdes. Ons swaarkry is die smal weg waarlangs God ons, deur Sy kragtige werk, in Sy koninkryk in bring - monorgisties. Hou moed, want die heerlikheid van die ewigheid is baie groter as die lyding wat gelowiges op aarde beleef.

página 3 de 16