Radio Scriptura

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editora: Podcast
  • Duração: 194:53:30
  • Mais informações

Informações:

Sinopse

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episódios

  • Perspektief: Februarie 2019

    26/02/2019 Duração: 38min

    Februarie in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons eerste oor "boelie" onder skoolkinders. Ons praat daarna ook saam oor 'n moontlike belasting opstand ("tax revolt") in Suid-Afrika. 

  • Die Huwelik: Huwelik in krisis

    19/02/2019 Duração: 25min

    Hierdie is die vierde episode in Radio Scriptura se reeks oor die huwelik. Baie keer fokus ons so op die troudag, dat ons vergeet om te dink oor wat daarna gebeur... Wat as daar konflik kom? Of ander uitdagings? Hoe hanteer ons dit as ons huwelik in krisis is? Is dit normaal? Is daar hoop? Wat as my huwelik reeds op egskeiding uitgeloop het?

  • Die Huwelik: Rol van die vrou

    12/02/2019 Duração: 26min

    In hierdie episode gesels ons oor die rol van die vrou. Ons sien hoe God die man en vrou gelykwaardig geskape het, maar met verskillende rolle. Die fokus van die episode is op twee teksgedeeltes wat verwys na die vrou se "onderdanigheid" en dat sy 'n "hulp" is. (Gen 2:18 en Efes 5:22-24).

  • Perspektief: Januarie 2019

    05/02/2019 Duração: 28min

    Hierdie is die eerste episode van die nuutste toevoeging tot Radio Scriptura: Perspektief. In hierdie eerste episode bespreek ons New York se aborsie-wetgewing, die Bosasa-skandaal en beantwoord ook 'n luisteraars-vraag: "Moet ek stem?".

  • Perspektief: Trailer

    02/02/2019 Duração: 04min

    'n Bekendstelling van Radio Scriptura se nuwe program "Perspektief".

  • Die Huwelik: Rol van die man

    29/01/2019 Duração: 28min

    Hierdie is die tweede episode in ons reeks oor die huwelik en gaan oor die rol van die man.  Wat is Bybelse hoofskap? Beteken dit die man is sy vrou se "baas"?  In hierdie episode gesels die hele Scriptura span saam oor die Here se ontwerp van die huwelik - met 'n spesifieke fokus op die rol van die man. 

  • Die Huwelik (1): Bybelse begronding

    22/01/2019 Duração: 23min

    Hierdie is die eerste episode van Radio Scriptura se reeks oor die huwelik. Jan Louis Lee (Gasheer) gesels met Marnix Boersema en Gerhard van Rhyn oor die basis van die Christelike huwelik.  Daar word onder andere gekyk na die instelling van die huwelik deur God, sy doel daarmee, en Satan se aanslag daarop.

  • Episode 0

    09/01/2019 Duração: 24min

    Episode 0! Ons skop 2019 af deur te vertel wat die doel van Scriptura is en onsself aan die luisteraars voor te stel. In hierdie episode gesels ons ook oor wat DV vir Radio Scriptura voorlê hierdie jaar, o.a. 'n paar reekse, boekbesprekings en ook 'n nuwe program: Perspektief! 

  • Verassing

    23/11/2018 Duração: 29min

    Dit wat met jou liggaam gebeur nadat jy gesterf het beteken NIE niks NIE. Inteendeel, dit dien as jou laaste belydenis! In hierdie episode gesels Marnix met Jan-Louis en Jonker oor die praktyk van verassing (lykverbranding) vanuit 'n Christelike perspektief.

  • New Apostolic Reformation

    09/11/2018 Duração: 44min

    In hierdie episode gesels ons oor die New Apostolic Reformation (NAR). Is hierdie beweging nuut? Is dit Apostolies? Is dit 'n Reformasie? Ons kyk ook in watter mate dit in Suid-Afrika voorkom en deel gedagtes oor die onlangse "It's Time" geleentheid van oom Angus.    

  • Gawes van die Heilige Gees

    26/10/2018 Duração: 39min

    Die gawes van die Heilige Gees is 'n direkte gevolg van Christus se oorwinning aan die kruis!   In hierdie episode gesels Marnix, Gerhard en Jaco oor die Gawes van die Heilige Gees. Ons kyk onder andere na wat die gawes presies is, wat dit nie is nie, watter gawes wedergebore Christene ontvang, en laastens hoe ons, ons gawes kan aanwend tot eer van God en tot opbou van die gemeente.    

  • New Age

    12/10/2018 Duração: 38min

    Die New Age Beweging is nie 'n godsdiens of instansie nie, maar 'n "nuwe manier van dink". "New Agers" soek na spiritualiteit, maar wil hulself nie onder die gesag van die Woord onderwerp nie. Die beweging is nie beperk tot 'n spesifieke geloof of denominasie nie, maar infiltreer alles om ons: Gemeentes, boeke, media ens. In hierdie episode gesels ons oor die New Age beweging, wat eintlik al 'n ou dwaalleer is, hoe dit in Suid-Afrika voorkom en hoe ons as Christene daaroor dink en daarop moet reageer.

  • Riglyne vir gesprekke met Jehova Getuies

    28/09/2018 Duração: 51min

    Dalk het jy al 'n Jehova Getuie ontmoet, of hulle het by jou deur aangeklop. Dalk het jy gewonder hoe om die Evangelie aan hulle te bedien, maar hoe? Ons gesels in hierdie episode kortliks oor dit wat die sg. Jehova Getuies glo en hulle geskiedenis. Dan gee ons spesifiek riglyne oor gesprekke met hulle oor ons verlossing, die plek en doel van ons goeie werke, die wederkoms, die 144, 000 en die wêreld hierna. Ons het jou hulp nodig om die boodskap te versprei - gebruik asb. deel-knoppies op hierdie artikel, om die episode te versprei!

  • Romantiese verhoudings met ongelowiges

    21/09/2018 Duração: 15min

    Marnix, Jan-Louis en Gerhard gesels oor hierdie moeilik onderwerp: is dit goed (is dit reg?) vir 'n gelowige om 'n romantiese verhouding met 'n ongelowige te begin? Hierdie is 'n baie moeilike onderwerp, juis omdat dit so emosioneel is. Daar is ook heelwat probleme hieraan verbonde en ons besef dit wanneer ons hieroor gesels. Hierdie episode vorm net eers 'n basis, 'n Bybelse grondslag vir verdere gesprek rondom romantiese verhoudings tussen gelowiges en ongelowiges. 

  • 3Minute1Woord | DISSIPEL

    10/09/2018 Duração: 04min

    Luister hierdie 3 minute episode vir 'n verduideliking van die woord "dissipel", hoe dit verskil van "apostel" en wat dissipelskap beteken.

  • "Jy mag nie oordeel nie?!"

    07/09/2018 Duração: 28min

    Ons gesels saam oor die misverstand onder baie mense dat niemand hoegenaamd mag oordeel nie. Is dit so? Ons argument is juis dat die Skrif ons opdrag gee om wél te oordeel, maar nie te veroordeel nie. Ons moet juis oordeel, want ons moet onderskei en Christusgesentreerde besluite neem. Ons moet die waarheid bewaar en bevorder, maar die leuen beveg. As ons nie kan oordeel nie, is ons nie meer aanspreeklik vir mekaar nie. So val die hele fondasie vir broederlike liefde en tug ook inmekaar. Ons moet juis weer leer om reg en gelowig te oordeel!

  • 3Minute1Woord | ONGEVEINSD

    27/08/2018 Duração: 01min

    ANYPOKRITOS| {afr} ongeveinsd/opreg {eng} unfeigned Soos in Romeine 12:9

  • Geestelike Oorlogvoering

    24/08/2018 Duração: 33min

    Marnix Boersema, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer gesels saam oor geestelike oorlogvoering. Daar is gewoonlik twee oordrewe begrippe van hierdie tipe oorlogvoering. Mense maak of te min daarvan, of te veel. Die Bybel praat wel van iets soos geestelike oorlogvoering, maar deesdae hoor mens soms dat jy bv. 'n "generasie vloek" moet verbreek. Of, 'n mens dra vloeke en seën deur middel van voorwerpe oor. Luister hoe ons oor hierdie tipe vrae en meer gesels.

  • 3Minute1Woord | SKYNHEILIG

    13/08/2018 Duração: 03min

    HYPOKRITES| {afr} skynheilig/geveinsd {eng} hypocrite Soos in Mattheus 23   In kort, dui hypokrites vir ons op 'n persoon wat: agter 'n masker lewe dubbel-standaarde handhaaf en liefdeloos en onvolwasse in die geloof is

  • Moet ons vas?

    10/08/2018 Duração: 21min

    Jan-Louis Lee en Gerhard van Rhyn gesels saam oor wat die Bybel sê oor vas. Moet ons dit vandag nog doen? Is daar 'n plek en 'n tyd vir gelowiges om steeds vandag te vas?

página 14 de 17